Trein van voorspoed mits dié bedryf wikkel

Posted On Wednesday, 06 July 2005 02:00 Published by eProp Commercial Property News
Rate this item
(0 votes)

Ekonome is dit eens dat die Suid-Afrikaanse konstruksie- en ingenieursektor 'n goue tydvak binnegaan mits die bedryf sy uitdagings te bowe kan kom.

Abri du PlessisEkonome is dit eens dat die Suid-Afrikaanse konstruksie- en ingenieursektor 'n goue tydvak binnegaan mits die bedryf sy uitdagings te bowe kan kom.

Dié siening volg op die lank verwagte bekendmaking van die gekose bieër vir die reuse-Gautrein- projek die afgelope naweek. Die projek, wat aan die Bombela-konsortium toegeken is, kan die konstruksielandskap dramaties verbeter en 'n kernrol speel om ekonomiese groei aan te wakker.

Mnr. Pierre Blaauw, ekonoom van die Suid- Afrikaanse Federasie van Siviele Ingenieurs (Safcec), sê al kan dié projek die afwaartse neiging van die afgelope tien jaar in die konstruksiebedryf omswaai, sal die tekortkomings blootgelê word.

Hy meen die positiewe uitwerking sal nog nie op kort termyn sigbaar wees nie, maar eers van aanstaande jaar groeisyfers positief bë?nvloed.

"Ons raam reële groei tot einde vanjaar op tussen 5% en 6%. Die uitwerking van die Gautrein- projek kan lei tot groei van meer as 10% in 2006 en 2007," sê hy.

Die grootte van die kontrak, asook ander konstruksie- en ingenieursverwante projekte in die vooruitsig soos Eskom en Transnet se opgraderingsprojekte, kan die vraag na kundige vaardigheid en voldoende boumateriale onder druk plaas.

Blaauw sê veral die tekorte aan swart spesialiste in die ingenieursbedryf en materiale wat hoog in aanvraag gaan wees, kan inflasionêr wees omdat koste sal opskiet en lewering getoets sal word.

Verder kan spesialiste uit die buiteland ingebring word, asook kundiges wat die land verlaat het. Dit sal geld kos, sê hy. Hy meen egter die bedryf kan dié uitdagings te bowe kom.

Mnr. Abri du Plessis, beleggingshoof van Gryphon Batebestuur, beskou dié soort kontrak as 'n normale bedrywigheid vir enige ontwikkelende land waar die gebrek aan infrastruktuur aandag kry.

Beter infrastruktuur het lank in Suid-Afrika agterweë gebly en die Gautrein-projek is die ideale grondslag om infrastruktuur-ontwikkeling 'n hupstoot te gee.

Hy sou graag meer van dié projekte in ander stede, onder meer Durban en Kaapstad, wou sien.

Du Plessis sê infrastruktuurbesteding is 'n katalisator vir ekonomiese groei, soos die reuse-groei in China toon.

Mnr. Paul Mashatile, Gautengse LUR vir finansies en ekonomiese sake, sê die projek sal Gauteng se bruto binnelandse produk (BBP) met tussen
0,7% en 1% opstoot. Gauteng dra 33% tot die nasionale BBP by.

Last modified on Saturday, 19 October 2013 03:35

Most Popular

GMI Property Group adds a New Mall to its Stable: Bronkhorstspruit Mall

Jul 21, 2022
GMI Properties Group announces the development of the much-anticipated Bronkhorstspruit…

Equites Property Fund and Mabel conclude B-BBEE transaction

Jul 21, 2022
Andrea Taverna-Turisan
The JSE listed specialist logistics property fund, Equites, today officially announced…

The growing take-away and fast food, and food delivery, culture

Jul 20, 2022
Restaurant and Take-Aways data for May 2022
Restaurant and Take-Aways data for May 2022 points to “solid but slowing” growth in…

Despite hike, interest rate remains below pre-Covid levels, says Dr Andrew Golding

Jul 21, 2022
Dr Andrew Golding
With the inflation outlook deteriorating since the previous Monetary Policy Committee…

The rapidly rising cost of living is reflecting in residential rentals

Jul 21, 2022
TPN Graph-Rental Demand
Demand for residential rental properties saw some recovery in the first quarter of 2022…

Please publish modules in offcanvas position.